Hulpbrongidse
Passie om te innoveer, krag om te verander.
Spuitprogramme
Palmer Amaranth-hulpbronne
Rentmeesterskap
Die veilige gebruik van gewasbeskermingsprodukte
Plaas jou veiligheid eerste: Die veilige gebruik van gewasbeskermingsprodukte
By Bayer is jou veiligheid en die volhoubaarheid van jou boerderypraktyk ons prioriteit. Daarom streef ons voortdurend daarna om jou van voldoende inligting te voorsien om hierdie prosesse op jou plaas te stuur. Dit is van groot belang dat die korrekte maatreëls ingestel word om die veiligheid van individue wat direk met gewasbeskermingsprodukte werk te verseker. Om te verstaan hoe 'n produketiket gelees moet word, die risiko's verbonde aan blootstelling te verstaan, die korrekte persoonlike beskermingstoerusting (PPE) te gebruik, die korrekte toedieningsmetodes te volg en die beginsels van noodhulp te verstaan, is alles belangrike faktore om in ag te neem.
Plant die korrekte toevlugsarea
Hoewel die ontwikkeling van insekweerstand 'n werklikheid is, kan die implementering van die korrekte weerstandbestuurspraktyke die druk wat op jou boerderypraktyk geplaas word, verlig. In dié verband speel die aanplant van toevlugsareas volgens die korrekte spesifikasies 'n deurslaggewende rol.