Sojaboontegnologie wat ’n nuwe weg baan
Wat beteken dit vir jou om meer volhoubaar te boer? Vir ons beteken dit om maniere te vind om meer met minder te groei, om hulpbroneffektiwiteit en die opbrengspotensiaal van jou sojaboongewasse te verbeter. Sojabone word reeds van die begin af deur insekpeste en onkruid bedreig.
Die bekendstelling van INTACTA RR2 PRO® bring ’n nuwe keuse vir insekbeheer aan boere, met die verhoging van produktiwiteit, effektwiteit en waarde wat lei tot groter en beter kwaliteit opbrengste.
Met Bayer se sojaboontegnologie INTACTA RR2 PRO®, doen ons baanbrekerswerk en open ons ’n wêreld van moontlikhede vir jou plaas. Hierdie tegnologie verskaf voordele wat help om jou produktiwiteit te verbeter, hulpbronne effektief te gebruik en opbrengspotensiaal ’n hupstoot te gee om meer volhoubaar te boer.
Hoe kan INTACTA RR2 PRO®-tegnologie jou boerdery baat?
INTACTA RR2 PRO®-tegnologie bied drie hoofvoordele wat hierdie kombinasie laat uitstaan in die mark:
- BESKERMING teen die hoofpeste wat die sojaboongewasse bedreig soos Afrika-bolwurm (Helicoverpa armigera).
- Verhoogde opbrengspotensiaal deur die herposisionering van die onkruiddoder-biotegnologiese eienskap op die DNS van die sojaboon om OPTIMALE opbrengs te lewer.
- VERBETERDE verdraagsaamheid vir glifosaat-onkruiddoders wat deur Roundup® Ready 2 (RR2)-tegnologie gebied word.