YieldGard® MAIZE 2 bied uitstekende beheer teen Busseola fusca (Afrika-mieliestronkboorder) en Chilo partellus (die sorghumstamboorder of gevlekte mieliestronkboorder). Pluk die voordele van die tegnologie van YieldGard® MAIZE 2!
YieldGard® MAIZE 2 bied uitstekende beheer teen Busseola fusca (Afrika-mieliestronkboorder) en Chilo partellus (die sorghumstamboorder of gevlekte mieliestronkboorder). Pluk die voordele van die tegnologie van YieldGard® MAIZE 2!
Insek- en onkruidbestryding is twee kritieke aspekte van mielieproduksie. Hier kan DEKALB se tegnologie jou help om jou mielies te beskerm, wat die lewe vir jou as besige boer net ’n bietjie makliker maak. Kombineer die voordele en plant ’n stapelgeenbaster.
Ons tegnologie maak ’n verskil!
Oral waar mielies verbou word, beroof die twee stronkboorders (Busseola fusca en Chilo partellus) boere van ’n gedeelte van hulle produksie.
Dit is bekend dat skade deur mieliestronkboorders produsente 6 tot 30% van hulle opbrengs kan kos.
Boorders vreet alle dele van ’n mielieplant – blare, stingel, skede, blaarkraag, steel en are – en veroorsaak skade, wat die vloei van water en voedingstowwe deur die plant verminder en sodoende opbrengs verminder.
Mielieboere moet elke seisoen twee of drie geslagte boorders bestry.
Die standaard chemiese metodes om stronkboorders te beheer, kan tydrowend en ondoeltreffend wees, dikwels weens opeenvolgende besmettings gedurende die seisoen.
Daarom is tydsberekening met kort aanwendingstye van kardinale belang om doeltreffend te wees. Verskeie aanwendings is nodig om opeenvolgende geslagte te onderdruk.
Desondanks is seisoenlange beheer van mieliestronkboorders onwaarskynlik.
Vir enige produsent is die opbrengs van die grootste belang. Hoe beter jy jou gewas teen insekte kan beskerm, hoe groter is die beloning. Nou kan jy jou mielieproduksie winsgewender maak, met gesonder plante en groter opbrengste as ooit tevore. Met DEKALB se geentegnologie, YieldGard 2, bevat die mielieplant self seisoenlange mielieboorderbeskerming.
Die beskerming kom van ’n natuurlik voorkomende grondbakterie wat Bacillus thuringienisis, of Bt, genoem word.
Met DEKALB se gevorderde biotegnologie word hierdie Bt-geen deel van die plant self, waar dit ’n proteïen produseer wat die mieliestronkboorder eenvoudig nie kan verteer nie.
Vanaf die eerste hap bind die proteïen aan reseptore in die insek se maag, wat die voering afbreek. Die mieliestronkboorder hou op vreet en gaan binne 72 uur dood.
Van opkoms tot volwassenheid is dit doeltreffend oral waar die boorders vreet. Deur verskeie geslagte boorders bied YieldGard® MAIZE 2 beskerming van aanplanting tot fisiologiese volwassenheid sodat jou gewas sy volle opbrengspotensiaal kan bereik. ’n Swaar besmetting van mielieboorders net ná blomtyd kan egter tot geringe skade lei. Bespuiting kan nodig wees in die geval van laat aanplanting.
Wanneer mielies teen mieliestronkboorders beskerm word, is meer noodsaaklike voedingstowwe en water beskikbaar om groter opbrengste te lewer. Dit is baie belangrik in jare van ongunstige weer, soos die gereelde halfdroogtetoestande in Suid-Afrika.
Gebreekte stingels en plante wat omval as gevolg van stingelboorders is nie meer ’n probleem nie. Dit dra alles by tot meer mielies en ’n produktiewer boerdery.
Onafhanklike veldtoetse dui op ’n opbrengstoename van 10 tot 30% met YieldGard® MAIZE 2, en meer as 95% beheer van stingelboorders (Busseola fusca en Chilo partellus).
Deur mieliestronkboorders te beheer, kom minder skade aan die are van mielieplante voor. Dit beteken dat daar minder plekke beskikbaar is waar die fusarium kan groei. Fusarium-swamme produseer gifstowwe – die belangrikste is fumonisien.
Die are aan YieldGard® MAIZE 2 het minder fusarium-besmette pitte en daarom is die pitgehalte beter as dié van gewone mielies.
As mielies met die YieldGard 2-geen verbeter word, beteken nie dat u nie ander genetiese voordele kry nie. Met YieldGard word die beste mielieboorderbeheer by die beste basters gevoeg, sodat hierdie basters hulle volle opbrengspotensiaal kan bereik.
Moeder Natuur kan goed weerstand bied deur konstante skommeling van gene. Ons navorsers glo dat die beste manier om weerstandbiedende bevolkings te voorkom, is om doeltreffende beheer in die teikenarea met ’n nabygeleë toevlugsoord te kombineer. Dit is ’n gebied waar slegs nie-Bt-mielies geplant word en geen Bt-gebaseerde insekdoders gebruik mag word nie. In hierdie toevlugsoord kan vatbare mielieboorders vreet en voortplant sonder om aan die Bt-proteïen blootgestel te word.
Al klink dit dalk nie na ’n goeie idee nie, behou dit ’n bevolking van boorders wat nog vatbaar is vir die YieldGard-mieliebeskerming. Wanneer lede van hierdie bevolking met verdraagsame insekte paar wat moontlik uit die landerye kom wat deur YieldGard beskerm word, oorheers hulle vatbare gene enige verdraagsame gene in die algehele genepoel.
Die boer sorg dat ’n klein, maar baie belangrike bevolking van vatbare insekte naby genoeg is sodat vatbare insekte kan oorleef en enige weerstand wat moontlik ontwikkel, kan oorkom.
Volg hierdie eenvoudige stappe om mieliestronkboorders doeltreffend met YieldGard® MAIZE 2 te beheer.
Plant YieldGard® MAIZE 2 vir doeltreffende beheer van mielieboorders.
Plant ’n nabygeleë toevlugsoord van konvensionele nie-Bt-mielies met ’n groeiseisoen van dieselfde tydperk as die YieldGard binne sewe dae ná YieldGard® MAIZE 2 geplant is. Dit verseker ’n veilige toevlugsoord waar nieweerstandige boorders kan oorleef en potensiële weerstand kan teëwerk.
Die toevlugsoord moet op dieselfde land wees en onder dieselfde groeitoestande geplant word as YieldGard 2.
Geen Bt-gebaseerde insekdoders mag in toevlugsoorde gebruik word nie.
In die geval van opsie A, mag ander geregistreerde insekdoders gebruik word. By opsie B mag geen insekdoders gebruik word nie.
Monitor en verken jou landerye gereeld. As jy 10% blaarskade in jou YieldGard-aangeplante landerye het wat deur stronkboorders veroorsaak word (haelgeweersimptome), kontak jou DEKALB-verteenwoordiger, saadhandelaar of tegnologiekonsultant.
Vir meer spesifieke toevlugsinligting, kontak ook bogenoemde.
Die belangrikste motivering in mielieboerdery is om die grootste wins te maak. Gewasbeskerming met YieldGard bied: