Gebruik Acceleron® om die opbrengspotensiaal wat in jou DEKALB®-saad opgesluit is ten volle te benut.
Acceleron®-saadbehandeling
Ons is bewus daarvan dat jy op ons staatmaak om die beste tegnologie-gebaseerde oplossings en gewasbeskermingsprodukte te voorsien, daarom werk ons voortdurend daaraan om aan jou behoeftes te voldoen. Acceleron® is ontwikkel om die prestasiepotensiaal van DEKALB®-basters uit die staanspoor aan te vul, te beskerm en te bevorder deur middel van die beste kombinasie van breëspektrum insek-, swam- en aalwurmdoders wat onder een sambreel ingesluit word. Daarbenewens word elke saadpit ook bedek met ’n gehalte polimeer om stof te verminder en veilige bewaring te fasiliteer.
Die Acceleron®-saadbehandelingspakkette is uitsluitlik beskikbaar saam met jou DEKALB®-basters en beskerm die saad teen ’n verskeidenheid vroeë-seisoen nematodes (aalwurms), insekte sowel as grond- en saadgedraagde siektes. Deur hierdie saadbehandelingspakkette te gebruik, sal jy opkoms, plantontwikkeling en stand bevorder wat jou kanse vir ’n beter opbrengs merkbaar sal verbeter.
Afhangend van jou spesifieke behoeftes, kan jy uit die volgende Acceleron®-saadpakkette kies:
Die insekbeheerpakket
Hierdie pakket bied beskerming teen swamsiektes sowel as bo- en ondergrondse insekte wat die saad en die saailing kan beskadig.
Die pakket bevat:
- Maxim® Quattro Reg. Nr. L9494. Aktiewe bestanddele: Tiabendasool (bensimidasool), Azoksistrobien (strobilurien), Fludioxonil (fenielpirrol) en Metalaksiel-M (fenielamied)
- Gaucho® FLEXX 600 FS Reg. Nr. L6562. Aktiewe bestanddeel: Imidakloprid
- Create® Reg. Nr. L10658. Aktiewe bestanddeel: Protiokonasool (triasool)
Torque® Reg. Nr. M180. Aktiewe bestanddeel: Lipo-chito oligosaccharide (lco sp104)
Die pakket bied die onderstaande voordele:
- Die sistemiese werking verseker beskerming van ’n saailing in sy geheel.
- Dit bevat Create® wat plante teen kop- en pluimbrand beskerm.
- Dit is beskikbaar in ’n hoër dosis vir areas waar mieliestreepsiekte ’n probleem is.
- Torque® is ’n biologiese produk wat die wortelgesondheid van die plant ondersteun.
Die nematode- en insekbeheerpakket
Vir die beste resultate, beveel ons aan dat jy die volledige gekombineerde nematode- en insekbeheerpakket gebruik omdat dit die volledige swamdoderpakket insluit, wat beheer bied teen bo- en ondergrondse insekte en nematodes wat saad en saailinge kan beskadig.
Die pakket bevat:
- Maxim® Quattro Reg. Nr. L9494. Aktiewe bestanddele: Tiabendasool (bensimidasool), Azoksistrobien (strobilurien), Fludioxonil (fenielpirrol) en Metalaksiel-M (fenielamied)
- Cruiser® Force Reg. Nr. L8597. Aktiewe bestanddeel: Tiametoksam (neonicotinoïed)
- Avicta® Reg. Nr. L8496. Aktiewe bestanddeel: Abamektien
- Create® Reg. Nr. L10658. Aktiewe bestanddeel: Protiokonasool (triasool)
- Torque® Reg. Nr. M180. Aktiewe bestanddeel: Lipo-chito oligosaccharide (lco sp104)
Die pakket bied die onderstaande voordele:
- Abamektien maak parasitiese nematodes dood en bied baie doeltreffende beskerming aan jong wortels.
- Dit verseker gesonde saad met sterk groeikragtigheid – die vroeë stimulering van die groeihormone bevorder groeikragtigheid en het ’n merkbare invloed op opbrengs.
- Dit beskerm saad en jong saailinge om optimale plantestand te verseker.
- Verseker goeie en sterk wortelontwikkeling vanaf ’n jong stadium om die doeltreffendheid van watergebruik en kunsmisverbruik te verbeter.
- Bied beskerming teen plae en patogene, soos fusarium, pythium, kop- en pluimbrand en mieliestreepsiekte, wat plante later in die seisoen kan beïnvloed.
- Koste-doeltreffend met die minimum impak op die omgewing.
- Dit is teikengerig en bied beskerming waar dit die nodigste is – direk by die saad en saailing.
- Dit bied tydige beheer wanneer dit die nodigste is.
- Net die beste produkte word gebruik wat die vloei van die saad gedurende plant verbeter.
- Dit is beskikbaar in ’n hoër dosis vir areas waar mieliestreepsiekte ’n probleem is.
Verbeter jou gewaspotensiaal van dag een af – gesels met jou naaste DEKALB®-saadverteenwoordiger of makelaar om meer uit te vind oor die voordele wat die Acceleron®-saadbehandelingspakket vir jou inhou.