Beste praktyke vir saadberging

Praktiese reëls vir die stoor van saad

Saad is ’n lewende organisme en daarom is dit so belangrik dat dit op die regte manier gestoor word. Daar is twee reëls in dié verband wat ’n aansienlike rol speel:


Harrington se reël:

Die lewensduur van saad neem met die helfte af vir elke 1%-toename in voginhoud of elke 6 ˚C-toename in temperatuur.


Bradford se metronoomreël:

Die “wekker” begin tik sodra die saad volwasse is en hulle het ’n sekere hoeveelheid “slae” voor afsterwing. Die tempo waarteen die metronoom tik, hang af van die temperatuur en voginhoud.


Bestuur van die twee sleutelaspekte van die stoor van saad:

Daar is twee aspekte wat belangrik is wanneer daar op ’n stoorfasiliteit besluit word – temperatuur en vog. Hier is ’n paar nuttige wenke om hierdie twee sleutelaspekte te bestuur:


Veranderinge in klimaatstoestande soos ’n toename in humiditeit wat lei tot ’n 1%-toename in saadvogtigheid of ’n 6 ˚C-toename in temperatuur in ’n stoorfasiliteit, kan die raklewe (vatbaarheid) van die saad halveer. In die praktyk beteken dit (soos in die grafiek hieronder aangedui) jy beweeg van die blou lyn (24 maande in stoor) na die geel lyn (12 maande in stoor).



  • Daar word aanbeveel dat saad in ’n droë plek bokant die vloer, soos op ’n houtstapelbord, gestoor word. Dit beskerm die saad teen die temperatuurskommelinge op die betonvloer wat die saad kan affekteer en kan sodoende ook beter beheer word.
  • Hou die wisseling tussen minimum en maksimum temperature tot ’n minimum. Met ander woorde - saad wat in ’n staalgebou gestoor word, waar temperatuurskommelinge feller is, is nie ’n ideale stooromgewing vir die saad nie. Dit is beter om saad in geïsoleerde baksteengeboue of ander geïsoleerde stoorfasiliteite waar tempertatuurskommelinge tot die minimum beperk word, te stoor.
  • Saad moet uit direkte sonlig gestoor word, soos langs en onder vensters en deurskynende dakke wat vir natuurlike lig gebruik word.
  • Moenie saad saam met chemikalieë stoor nie. Die plek waarin die saad gestoor word, moet apart van ander stoorkamers wees en toegerus wees met toegangsbeheer. Om deure en vensters (bv. met rubber) te seël, help met die beheer van knaagdiere, potensiële temperatuurskommelinge en diefstal.
  • Maak seker dat saadsakke sodanig gestapel word dat dit maklik toeganklik is. Op dié manier kan beroking teen insekte doeltreffend uitgevoer word. Wanneer saadstoorfasiliteite berook word, moet plaagdoders wat vir saadplae geregistreer is, gebruik word. Daar moet ook streng by die voorskrifte op die etiket van die geregistreerde plaagdoder gehou word. Insekbeheer is noodsaaklik om die vatbaarheid van saad in stand te hou. Goeie huishoudelike praktyke (geen mieliegruis nie) is noodsaaklik om insekinfestasies onder beheer te hou. Stoorfasiliteite moet geïnspekteer en gemonitor word vir enige tekens van insekaktiwiteit en beheermaatreëls moet toegepas word waar insekaktiwiteit waargeneem word. Dit sal nuttig wees om vir moniteringsdoeleindes in ’n insekafweerdertoestel (insect zapper) te belê. Deur die vasgekeerde insekte of daardie op die vloer onder die toestel te observeer, kan jy tred hou met wat in jou saadstoorkamer plaasvind.