Yield Kit

Yield Kit

Koppel nou jou stroper aan ’n digitale platform. Geen verskonings.

Digitale landbou het die afgelope paar jaar ’n groot fokus geword. Boere is baie meer ten gunste van die inkorporering van digitale hulpbronne in hul landboupraktyke, maar sommige toerusting het nie die verskuiwing na digitale landbou makliker gemaak nie. En ja, ons hoor jou, die omstandighede in die mark word net moeiliker en moeiliker en om die nuutste stropers, wat reeds toegerus is met die regte tegnologie, te besit, bly net ’n droom.


’n Kombinasie van jou droom en ons digitale oplossing

Besit jy ’n stroper? Maak nie saak oor die handelsmerk of die jaar van vervaardiging nie. Nou kan jy jou Yield Kit gebruik om data soomloos tydens oestyd te versamel. Hierdie is ’n bekostigbare, toeganklike sisteem wat jou toelaat om die prestasie van jou gewasse te meet om jou landboupraktyke te ondersteun. Jy kan nou die veranderlikes in jou lande in diepte besigtig en ondersoek en dit van ’n hindernis na ’n hulpbron verander!

Die versameling van data was nog nooit so maklik nie! Akkurate data lei tot akkurate opbrengsanalises wat jou meer duidelikheid in die besluitnemingsproses bied sodat jy beter besluite oor jou toekomstige gewasse kan neem. Stel jouself voor dat jy data van elke monitor kan versamel, daardie data kan saamvoeg en pertinente gevolgtrekkings daaruit kan maak. Dit is beter om jou digitale assistent byderhand te hou! Met die toerusting wat jy reeds het, bied die FieldView Yield Kit jou data op jou vingerpunte. Tot op die meter, kry jy ’n oorsig van die data wat jy wil hê – vinnige, akkurate berekeninge … Ja, presisie is die woord!


“Ek wil dit hê, maar dit klink te ingewikkeld”

Ongeag die grootte van jou plaas of besigheid, FieldView Yield Kit spaar jou talle hulpbronne. Met maklike en vinnige installasie, kan enige stroper in die mark toegerus word om ongekoppelde en intydse data van jou gewasopbrengs te versamel.

Sodra dit geïnstalleer is, koppel die vog- en optiese sensors van die FieldView Yield Kit met die GPS-antenna (FieldView bied dit aan indien jou stroper dit nie het nie) en met die FieldView Drive – ’n klein, kompakte toestel wat jou toelaat om gestroomde data van die toerusting oor jou hele boerdery te versamel. Nou kan ouer toerusting, net soos ’n nuwe model, data versamel.

Met hierdie bekostigbare oplossing, kan boere die data van hul oes outomaties versamel, dit op een plek stoor en gewasprestasie vir elke vierkante meter analiseer om uitendelik die data in aksiepunte om te skakel via die voorskrifvermoëns van die platform.


Uitstekende toerusting, beste in sy klas

Dit kan nie beter as dit nie! Jy het verbeterde konnektiwiteit en integrasie van data, want die wonderlike, sakgrootte FieldView Drive koppel jou plaastoerusting aan 'n iPad via Bluetooth. Dit is net so eenvoudig soos om jou foon aan jou motor te koppel. Al ons nuutste innovasies word ontwikkel met die behoeftes van ons boere in gedagte – deur te luister na wat hulle nodig het. Dit is wat jy hierdie seisoen ontvang, maar die volgende innovasie mag selfs beter wees. Topklas-tegnologie, net vir jou! Van hierdie punt af word eindelose moontlikhede vir jou plaas ontsluit.


Hoe werk dit vir jou?

Wel, sodra FieldView op jou iPad of slimfoon (Android & iOS) geïnstalleer is, laat dit toe vir onmiddellike analise in die kajuit en intydse meter-by-meter-monitering van ’n afstand. Dit is asof jy in die lande loop, maar jy is nie fisies daar nie! Hierdie datastelle, ondersteun deur hoëkwaliteit en getroue satellietaangedrewe digitale kaarte van die land, bied van alle hoeke ’n oorsig oor jou boerdery.


Waaroor al die bohaai?

Al die bogenoemde beteken toegang tot beter insigte. Beter insigte beteken vinniger, meer akkurate beplanning en analise wat beteken laer kostes, groter opbrengste, en beter prestasie. Ken jy die soveel-as-wat-jy-kan-eet-aanbod? Dit is presies hoe FieldView met data werk!

Tonne inligting wat intyds vereenvoudig is en soomloos integreer, stroom na jou FieldView-rekening – alles saam in een plek waar jy die enigste persoon is met toegang daartoe. Dit kan ook, soos jy goeddink, met ander partye gedeel word indien nodig.


FieldView ontsluit die potensiaal van jou plaas se data

’n Vinnige, akkurate analise lei tot die beste besluite moontlik! Met FieldView kan jy vinnige, deurdagte besluite neem, want groot hoeveelhede rou data word amper onmiddellik in duidelike, toeganklike data omgeskakel, om basies op enige skerm te besigtig. Pasgemaakte data is beskikbaar in die kajuit en op enige skerm tydens enige tyd van die seisoen, van plant- tot strooptyd. Wat jy tydens oestyd leer kan toegepas word op enige van jou toekomstige gewasse!

Kry jou FieldViewYield Kit nou!