Dit is vir niemand ’n skok wat op die markte gebeur nie – daar is oral tekens. Ons almal ken die druk van die verlaging van marges, terwyl die produksiekostes toeneem. In alle industrieë neem kostes toe. Dis ’n feit. En alle entiteite probeer om hul besighede te beskerm. Wat kan jy vir jou eie besigheid doen? Wel, dis die uitdaging!
“Sunny-side-up”
Daar is baie maniere waarop jy ’n eier kan voorberei. Dit is egter so dat dit meer geurig is as dit jou eie gunsteling-resep is. Dis dieselfde met die kies van ’n ander besigheidsperspektief. Jy kan die “sunny-side-up” vir jou plaas kies en sekere voordele trek selfs onder die huidige uitdagende omstandighede. Die digitalisering van jou plaas kan positief wees en jou dalk net die voordele bied wat jy nodig het!
Wat kan jy vandag doen?
Skaf jou digitale assistent, FieldView™, aan. Leer hoe jy nie net jou insette winsgewend kan bestuur nie, maar leer ook hoe en hoekom persoonlike voorskrifte jou geld kan spaar. FieldView™ bied jou die funksionaliteite wat jy nodig het om die toediening van bemestingstowwe en gewasbeskermingsprodukte meer effektief en makliker as ooit te maak.
Vind die verlore legkaartstuk
As ons ’n legkaart saam bou, sal alles rondom een sentrale stuk gebou word – veranderlikes. Tot op hede, kon jy slegs jou eie pasmaak-voorskrifte skep, maar nou kan jy dit vinniger as ooit doen met die outomatiese soneskeppings-funksionaliteit op alle platforms. Boere kan eenvoudig ’n enkele beeld van hul landgesondheid trek en dan tot 12 outomatiese sones selekteer om in te pas by hul operasionele behoeftes.
Jy is die kenner
Kry die kundigheid op jou vingerpunte! Deur die aanvanklike karteringsproses te outomatiseer, gee FieldView™ boere meer tyd om te fokus op die unieke behoeftes van hul sones. Met meer presiese sones, kan boere vinniger en met selfvertroue voorskrifte skryf om beter keuses rakende bemesting te maak. FieldView™ laat jou ook toe om na “wat as”-scenario’s te kyk. Wat as ek x hoeveelheid per liter betaal in plaas van y? Verander die nommer op jou voorskrif om verskillende scenario’s te sien. Wat as ek meer op sone 1 toedien as op sone 4? Jy kan die veranderinge in die komende seisoene met FieldView™ verfyn.
Die FieldView™-gewasbeskermingsvoorskrifte bied aan boere meer opsies en meer beheer. Boere kan nou tot agt gewasbeskermingsprodukte in ’n tenkmengsel identifiseer en opteken wanneer hulle ’n voorskrif genereer.
Die beste wat jy kan kry
Voor FieldView™ moes boere dikwels dieselfde hoeveelheid bemesting en ander produkte oor die hele land toedien. Nou kan boere voorskrifte skep wat pasgemaak is vir elke sone wat hulle in staat stel om net die regte hoeveelhede toe te dien en die meeste van hul belegging te maak. In ’n tyd waarin bemestingstowwe se pryse styg, kan hierdie ’n groot impak op jou wins hê – dit spreek vanself.
Met uitstekende funksionaliteite en ’n gebruikersvriendelike benadering, bemagtig FieldView™ boere om meer komplekse take makliker uit te voer. FieldView™ is maklik om te gebruik, akkuraat, pasmaak en dit spaar jou baie geld!