Opbrengsanalise. Lees jou lande asof dit ’n boek is

Opbrengsanalise. Lees jou lande asof dit ’n boek is

Benodig jy strategiese beplanning?

Jy kan jou lande soos ’n boek lees. FieldView bied landboukundiges die geleentheid om hul lande uit elke hoek uit te besigtig. Ons platform gee aan boere ʼn beter en meer omvattende begrip van hul lande sodat hulle meer ingeligte operasionele besluite kan neem om opbrengste te optimaliseer, meer effektief te boer en risiko’s te verminder. Wat boere saai, oes hulle later – almal van hulle wag vir uitstekende resultate wat kan lei tot groter winsgewendheid aan die einde van die seisoen. Dis al wat ons wil hê, is dit nie? Hierdie wins kan verkry word deur die uitdagings verwant aan gewas-evolusie te oorkom met werkbare oplossings en ingeligte besluite wat jou risiko’s verminder.


Swem in ’n see van data

In hierdie groot en onstuimige see van data, kan jy die beste swemmer wees. Met die regte digitale vennoot, kan jy sukses behaal. FieldViewgee indiepte-aandag aan jou lande sodat jy dit nie noodwendig hoef te doen nie. Dit vereenvoudig inligting op ’n manier wat dit maklik maak vir die mense betrokke by die besluitnemingsprosesse op die plaas, om dit te verstaan.


Opbrengsanalise is een van die belangrikste faktore wanneer dit kom by besluitneming in landbou. Deur kaarte teenoor mekaar te plaas, kan boere kritiese datalae in die lande met mekaar vergelyk. Dit sluit in opbrengs- en grondkaarte, toedieningshoeveelhede, saadpopulasie en meer. Alle agronomiese praktyke het ’n impak op opbrengs in verskillende maniere. Die doel is om die praktyke wat lei tot sukses te aanvaar en dié wat lei tot verliese, te vermy.


Kies wat vir jóú werk, nie vir die massas nie

Die Yield Analysis-funksionaliteit van FieldView analiseer opbrengs per baster, toediening, grondtipe of streek om regdeur die jaar die beste agronomiese besluite te neem. FieldView wys datalae om sekere areas in die land te identifiseer en te stoor vir meer indiepte-analise. Die boer kan dan, na oestyd, die impak van sy agronomiese besluite op opbrengs in elke streek bepaal. Jy kan elke land in ’n proef-area omskep sodat jy kan uitvind wat die beste vir jou werk.


Met die druk van ’n knoppie kan jy maklik verskillende lande vergelyk en sien watter baster, variëteit of produk gewen het. Selfs al toets jy ’n dosyn verskillende saad of as jy wil besluit wat die beste gewasbeskermingstrategie is; opbrengsanalises sal vir jou die weg wys. Deur jou proewe te verdeel, kan jy sien wat die prestasie van verskillende basters, verskillende populasiegroottes en veranderlikes in jou lande is.


Is jy gretig om te weet watter basters en produkte presteer die beste in jou lande?

Met ons Yield Analysis-funksie, kan jy bepaal watter basters ’n beter opbrengs gelewer het en hoe bemestingstowwe en ander gewasbeskermingsprodukte daardie resultate beïnvloed het. Dit help jou om ingeligte besluite vir die komende seisoen te neem, gebaseer op daardie data.


FieldView kan maklik ’n lys van jou algemene opbrengs per baster gee en die resultate van ’n paar seisoene met mekaar vergelyk. Sodoende kan die boer die data evalueer en verseker dat hy/sy die beste moontlike besluite neem.


“My lande is anders. Is een baster geskik vir almal?”

Ons het al baie hierdie vraag gehoor. Jy kan jou verslae per land sorteer en die prestasie van dieselfde baster in verskillende lande evalueer. In hierdie geval is Yield Analysis ’n handige funksie indien jy moet besluit tussen twee of meer verskillende basters.


Kry ’n meer indiepte-analise oor jou basterprestasie

Met die eerste oogopslag mag daar dalk nie merkwaardige verskille wees nie, maar as jy die opbrengdata analiseer, kan jy klein verskille teekom wat ’n groot verskil kan maak, sonder dat jy ’n wiskundige hoef te wees. Jy kan ’n opbrengsanalise per plaas of per land doen en maklik jou resultate met ander besigheidsvennote of saadhandelaars deel om hul te konsulteer rakende wat die volgende stappe vir jou plaas is. In plaas daarvan om jouself te oorweldig met talle Excel-dokumente, kan jy maklik die analise per e-pos aanstuur met die nodige visuele elemente.


Gebruik jou digitale assistent om jou proewe te bevestig

Opbrengsanalises kan ’n kykie gee van jou toedieningseffektiwiteit. Jy kan tred hou met die produkte wat jy gebruik en ander insette om te besluit wat die beste werk vir jou gewas. Deur die Field Region-verslae te gebruik, kry jy waardevolle insigte oor ’n spesifieke deel van die land om te sien of jou insette gewerk het al dan nie.


Daar is baie faktore wat jou opbrengs kan beïnvloed en om die waarheid te sê, sommige daarvan kan reeds tydens planttyd begin. Die besluit om teen ’n varieerbare koers te plant, mag dalk net ’n verskil maak. Jou digitale assistent, FieldView kan jou help om dit te sien. Sodoende kan jy sien waar die laagtepunte in jou opbrengs vandaan kom en besluit of jy ’n plant- of toedieningsvoorskrif, of albei moet verander om die beste resultate te verseker.


“Fix it” … so maklik soos wat dit kom

Wanneer jy jou opbrengs evalueer, is jou analise net so akkuraat soos jou data. Met FieldViewse “fix it”-funksie is dit maklik om die akkuraatheid van jou data na te gaan. Jy kan data uitvee of wysig, insluitend gewastipe, basternaam, behandelings, toedienings en voorskrifte. Selfs al lyk dit soos baie data, die feit dat jy groot hoeveelhede op dieselfde tyd kan wysig, maak dit eenvoudig: jy kan verskillende stelle data op een slag verander sonder om een vir een deur elke land te gaan.


Om dit op te som: deur jouself toe te rus met die beste data wat spreek tot die behoeftes van jou boerdery en deur dit in werking te stel met ’n platform soos FieldView, kan jy die meeste uit jou saad en gewasbeskermingsinsette kry.