Wanneer die antwoord nie voor die hand liggend is nie, gee FieldView™ jou die perspektief om dit raak te sien."
“Aangedryf deur datawetenskap, maar eenvoudig om te gebruik. Kry jou land se data in ’n formaat wat maklik is om te verstaan en te beheer en wat aan al jou toerusting gekoppel is. Sodoende kan jy boerderybesluite neem om produktiwiteit volhoubaar te verhoog en jou opbrengs op belegging te vermeerder.”
In vandag se boerderyomgewing het dit noodsaaklik geword om data te ontleed en te meet. FieldView™ is Bayer se digitale platform wat alle toegewysde data op een platform vaslê om jou as boer toe te rus met datagedrewe insigte vir jou boerdery. Sodoende kan jy die impak van presisieboerdery optimaliseer. Met FieldView™ se intuïtiewe toepassings en hardeware-oplossings, is jou land se data, hetsy dit plant-, oes-, opbrengs-, chemiese toediening- of kunsmisdata is, alles op een plek.
Sê Leibrand du Plessis, ’n graanboer van die Noordwesprovinsie: “As jy nie weet nie, kan jy nie meet nie. Dit is hoekom ’n platform soos FieldView™ my so opgewonde maak. Ek is gek na tegnologie en hier het ons ’n platform wat ons intydse data kan gee, enige plek op die plaas. Dit neem inligting na die volgende vlak.”
’n Volhoubare oplossing
As die mees gebruikersvriendelike en aanpasbare platform op boerderywerktuie, versamel en ontleed FieldView™ jou data en kry jy meer akkurate inligting om insette en natuurlike hulpbronne beter aan te wend. Voorts kan data van verskillende werktuie, soos onder andere trekkers, planters, spuittoestelle en stropers almal op hierdie enkele platform gekombineer word. Jy kan dan vanaf enige plek toegang tot hierdie data verkry deur eenvoudig ’n slimfoon, tablet/iPad of rekenaar te gebruik. Die FieldView™ Cab-toepassing en die FieldView™ Drive is noodsaaklik om hierdie proses te laat funksioneer. Die FieldView™ Drive is hardeware wat in ’n diagnostiese poort (koppelvlak) in die kajuit van jou werktuig ingeprop kan word om toegewysde data van jou landerye algaande te genereer.
Anders kan data gelaai word met behulp van ’n USB-geheustokkie deur dit vanaf die toedieningskontrole af te laai en dit dan met behulp van ’n rekenaar en FieldView™ se data-inmandjie weer op te laai. FieldView™ verskaf ook weeklikse satellietbeelde in die Field Health Advisory (FHA) om gewasgesondheid te monitor. Areas wat moontlike stremming of probleme ervaar, kan deur die inspeksiekaart aangedui word. Hierdie satellietbeelde fokus ook op die biomassa-indeks en akkumulasie. Dit vereenvoudig die ontleding van data en genereer datagedrewe insigte met die gebruik van ’n iPad/slimfoon of Android-selfoon. Dit spaar kosbare tyd sodat jy meer doeltreffend en winsgewend kan boer.
FieldView™ het ’n ingeboude voorskrifgenereerder waarmee varieerbare toedienings op saad, kunsmis en chemikalieë geaktiveer kan word. Gevolglik is outosonering vir die toediening van stikstof reeds moontlik deur van satellietbeelde gebruik te maak. Gebaseer op genormaliseerde opbrengsdata, werk ons tans daaraan om outosonering vir opbrengs oor verskeie seisoene vir die varieerbare toediening van saad te gegenereer.
Jou data is net joune
Met FieldView™ se data-oordragkenmerk, kan jy data met enige ander platform deel, byvoorbeeld, jou betroubare verteenwoordiger. Julle kan dan saam die data ontleed en waardevolle insigte versamel. Die data is egter jou eiendom en jy het beheer daaroor. Slegs diegene wat toestemming het, het toegang tot die data. Daarom beskerm FieldView™ jou data in die wolk met sy dataprivaatheidsbeleid. Gesertifiseer deur AgData transparent, word die gebruik van data slegs aangemoedig om die platform en sy toestelle te verbeter. Om meer te wete te kom oor AgData, klik hier: https://www.agdatatransparent.com/certified
Meer oor die FieldView™-platform
Hoe om data te versamel
Data kan op verskeie manier versamel word, naamlik:
- ’n USB-geheuestokkie – laai die data af, kompakteer (“zip”) die vouer en gebruik jou rekenaar om die data by www.climatefieldview.co.za na die wolk op te laai. Die FieldView™-data-inmandjie sal die data prosesseer en dit na jou land toe allokeer.
- ’n Api-wolkkonneksie tussen platforms, soos die John Deere-bedryfsentrum, Claas Telematics en binnekort ook AFS Connect. FieldView™ kan oordragsleutels genereer sodat data vanaf ander platforms, soos AgStudio, SST Summit en AgLeader, versamel kan word.
- FieldView™ Drive kan direk by die 9-pennetjie- diagnostiese koppelvlak in die kajuit ingeprop word. Dit is egter slegs van toepassing op die nuwer toerusting/werktuie wat met so ’n koppelvlak toegerus is.
Versoenbaarheid van toerusting
Let wel: Ons beveel sterk aan dat data met die FieldView™ Drive en die iPad (op die 9-pennetjie diagnostiese koppelvlak) versamel word. Daarmee saam, verskaf FieldView™ ’n RAM iPad-montering sodat die Drive- and iPad-hardeware in verskillende werktuie gebruik kan word. Dit is nie ’n permanente installasie nie en kan soos nodig rondgeskuif word.
FieldView™ Drive- en iPad RAM-montering
Indien die stelsel toegerus is met ’n derdeparty- toedieningskontrole en GPS wat nie fabriekstandaard is nie, is dit belangrik om te weet dat die FieldView™ Drive slegs versoenbaar is met ISOBUS-stelsels. Afhangende van jou situasie, sal ’n verbindingskabel dalk nodig wees alvorens die toerusting kan werk, bv. AgLeaser, Trimble, Amazone en TopCon, is net ’n paar voorbeelde wat in so ’n geval gebruik kan word. Daar is ongeveer 60 verskillende harnasse waaruit gekies kan word. Hierdie harnasse kan by NiK Electronics aangeskaf word. Hulle vervaardig en versprei die kabels plaaslik en kan ook pasgemaakte kabels verskaf indien nodig.