Dis nie ’n oorsig nie. Dis ’n indiepte-ondersoek
Ons het altyd gesê dat boere ’n oorsig oor hul lande benodig en ons Field Health Imagery voorsien dit … en soveel meer!
- Wanneer jy lande moet bestuur wat geografies op verskillende plekke geposisioneer is, mag daar dalk verwarring wees. Met FieldView™ kan jy al jou lande op een slag sien.
- Wanneer jy gewasse groei, weet jy nie altyd wat op ’n spesifieke plek in die land gebeur nie. FieldView™ wys probleemareas in jou lande uit wat moontlik ’n groot risiko kan inhou.
- Wanneer jy na jou verskillende lande in FieldView™ kyk is, kan jy hulle binne-in die toepassing filter en aandag skenk aan die een wat jou aandag verg. Om die probleem dadelik aan te spreek kan opbrengsverliese voorkom.
Sit die bril van ’n kundige op
Jy sal dit nie glo totdat jy dit sien nie! Wel, sommige van die boere wat FieldView™reeds vir jare gebruik, vertel vir ons hul stories en deel hul ervarings. Deur ons platform te gebruik, kan jy na jou lande deur ’n kundige lens kyk.
Monitor jou saadbelegging
Om verskillende saaitempo’s te kies en om verskillende basters in spesifieke lande te plant, verg dikwels baie aandag. Boere kan met hierdie platform kyk hoe hul basterproewe vaar, of hul belegging reg was en of hulle hul keuses vir die volgende seisoen moet aanpas.
“Baie menses sê ’n boer is iemand wat dinge net van die mou af speel, maar dit is glad nie die geval nie. FieldView™ maak my opgewonde, want dit stel ons in staat om data oor seisoene te versamel. FieldView™ gee my die historiese, statistiese inligting wat weerspieël wat ek oor die jare op die plaas gedoen het,” sê Dirk Laas, een van die boere wat FieldView™ gebruik.