Die landskap is divers en boere het ’n enkele dataplatform nodig wat al die verskillende bronne van data kan hanteer. In die meeste gevalle maak boere gebruik van verskillende handelsmerke wat elk hul eie platforms het. Met FieldView, kan data egter nou van al die boer se toerusting na een sentrale platform gevoer word deur die Climate FieldView™ Drive-toestel, ’n toerustingstuk wat boere by hul diagnostiese poort van die boerdery-toerusting kan inprop.
FieldView Drive gebruik bluetooth-tegnologie om agronomiese data van die boerdery-toerusting na die iPad® in die kajuit te voer. Die data kan onmiddellik gevisualiseer word deur die FieldView Cab-toepassing. Dit stel boere in staat om dadelik hul data te analiseer soos wat dit in die kajuit gegenereer word. “Met die FieldView Cab-toepassing kan boere ook belangrike kennisgewings aktiveer om sensitiewe bedrywighede soos planting te bestuur. Byvoorbeeld, ’n boer sal ’n kennisgewing ontvang indien die planter se prestasie in areas soos “Good Ride”, “Singulation” en “Planter speed” afwyk van die parameters wat hy/sy gestel het,” sê Hugo le Roux, Climate FieldView-produkspesialis.
Een van die grootste voordele van die Cab-toepassing is die feit dat dit boere in staat stel om hul toerusting van ’n afstand te besigtig. Met die iOS-toestel, kan ’n boer konnekteer en die prestasie in die Cab van enige plek in die wêreld besigtig, indien hy goeie sein het en beide toestelle aan die internet gekoppel is.
Die vermoë om data te stroom, spaar boere nie alleenlik baie tyd deur vinnig toegang tot data te bied nie, maar die FieldView-platform bied ook waardevolle agronomiese hulpmiddels soos gereelde satellietbeelde vir inspeksies en voorskriffunksies om veranderlike digtheidsvoorskrifte vir saad, kunsmis en gewasbeskermingsprodukte te skryf.
“Voorskriffunksies was nog altyd buite bereik vir die meeste boere weens die koste van sagteware en die kompleksiteit daarvan,” verduidelik Hugo. “Nou met FieldView, bemagtig ons die boer om beheer te neem van sy eie data en te besluit met wie hy dit wil deel en vir hoe lank. Die boer is nou totaal in beheer van sy eie data.”
Volgens Hugo, is een van die belangrikste voordele van die Climate FieldView-platform, die veilige storing en die toeganklikheid van data sowel as die deelbaarheid daarvan met agronomiese raadgewers.
“FieldView is ’n geografiese platform en ’n data-analise-enjin. As boere hul data met die FieldView Drive-toepassing versamel, word die data onmiddellik in die “cloud” geplaas vir veilige storing en analise. ’n Boer sal nooit sy data verloor nie, dit is altyd beskikbaar om afgelaai te word of met sy/haar agronomiese adviseurs te deel.”
Die storing van alle data op een platform, laat ook toe vir data-analise om in-diepte insigte oor die prestasie van basters, kunsmis, en chemiese toedienings te voorsien.
“FieldView verskaf ’n holistiese benadering tot databestuur en boere kan nou kapitaliseer op al die beleggings wat gemaak is op sensors en data wat ingevorder is deur hul masjinierie op een gebruikersvriendelike platform wat hulle sal help om geld te spaar en om belangrike datagedrewe besluite te neem,” sê Hugo.
Die skakeling met agronomiese raadgewers, is ’n belangrike deel van die dryf van ’n winsgewende boerderybesigheid. Die FieldView-toepassing bied boere die geleentheid om met hul agronomiese raadgewers te skakel rakende saad, kunsmis en chemiese toepassings.
“Boere kan hul GPS-koördinate plaas, notas skryf en dit deel met hul agronomiese adviseurs. Indien die boer sy rekening deel, kan sy adviseur ook direk met die rekening interaksie hê en raad deel oor inspeksie-pogings. Die platform maak dit maklik vir die boer en sy adviseur om met mekaar te skakel en data te deel. Slegs in die FieldView-toepassing kan ’n boer verskillende jare se analises en verskillende geografiese lae oor verskillende seisoene met mekaar vergelyk,” sê Hugo.
Hoe begin ek?
Die FieldView-platform sal in Suid-Afrika bekendgestel word laat in Maart 2021. Boere sal op die Climate FieldView-webtuiste kan opteken vanaf 1 April 2021. Daar sal jy ’n rekening kan skep, hardeware bestel, soos die nodige kabels (indien enige) om jou toerusting met die Climate FieldView-platform te konnekteer. Elke boer wat inteken sal besoek word deur ’n Climate FieldView-produkspesialis om hom/haar by te staan met die koppeling van die toerusting aan sy/haar FieldView-rekening.
Op die webtuiste aan die onderkant van die blad, is daar ’n afdeling getiteld “Learn how to use FieldView” met kort inleidende video’s wat wissel tussen die mees basiese en die komplekse inligting. Dit is ’n goeie plek om te begin!
Vir meer inligting oor hoe die Climate FieldView-platform op jou plaas gebruik kan word, besoek Climate FieldView se webtuiste of kontak Hugo le Roux by hugo.le.roux@climate.com of Jaco van Zyl by jaco.vanzyl@bayer.com.