Auto Zoning

Climate FieldView™ loods nuwe outomatiese soneverdeling- en tenkmengselfunksie

By Climate FieldView word effektiwiteit en winsgewendheid aan die voorpunt geplaas van alles wat ons doen. Daarom is ons voortdurend in die proses om nuwe tegnologie te ontwikkel wat jou kan help om meer volhoubaar te boer. Met die bekendstelling van Climate FieldView se nuwe varieerbare voorskriffunksie, bevestig ons FieldView se posisie as ’n leier in die industrie wat toegewyd is daaraan om boere te help om huidige en toekomstige landbou-uitdagings die hoof te bied.


Ons het onlangs die vermoëns van ons varieerbare voorskriffunksie uitgebrei. Gedurende die eerste jaar het ons ’n handbeheerde varieerbare voorskriffunksie gebied waar boere hul eie sones kon teken en bestaande voorskrifte kon gebruik om sones in ’n land saam te smelt, te verdeel en te definieer. Hierdie nuwe varieerbare voorskriffunksie bied outomatiese soneverdeling gebaseer op enige (FHA (Filed Health Advisory)-satelliet-inspeksiekaart om sones outomoties te genereer gebaseer op ons unieke algoritme.


Die outomatiese soneverdelingsfunksie is tans slegs beskikbaar vir satellietbeelde, maar sal binnekort uitgebrei word om opbrengskaarte vir saadvoorskrifte in te sluit. Sodanige opbrengskaarte kan dan gebruik word om voorskrifte te skep vir wisselende vrugbaarheidskoerse in stikstoftoediening op mielies en soja.


Die outomatiese generering van varieerbare voorskrifsones vir vrugbaarheid, spaar nie alleenlik waardevolle tyd nie, maar optimaliseer ook die effektiewe toediening van kunsmis. Hierdie funksie help boere om die gebruik van hoëkoste-insette (soos stikstof) beter te bestuur om hul opbrengs op belegging te verhoog en die voordele wat saam met goeie kwaliteit produkte en tegnologie kom, te geniet.


Wanneer ’n land inspekteer word, dra verskille in grondtipes, waterhouvemoëns, vrugbaarheid, gronddiepte, ens. by tot die bepaling van grondpotensiaal. Suid-Afrika is welbekend vir sy wisselende grondtipes en vir grondverskille wat dikwels in ’n bestek van ’n paar meter opgemerk kan word. Hierdie grondverskille moet in ag geneem word wanneer jou belegging in ’n spesifieke land bereken word. In hierdie opsig speel varieerbare voorskrifte en wisselende toedieningskoerse ’n groot rol.



Maatskappye wat vandag varieerbare voorskriffunksies bied, baseer hul voorskrifte op grond se chemiese en fisiese data van een- of twee-hektaar roosterproefsteke wat geanaliseer en verdeel word om wysigings aan te dui ten opsigte van pH, fosfaat en kalium. FieldView maak egter gebruik van satellietbeelde saam met ons gepatenteerde algoritme, om ‘n 5 m x 5 m- verdelingsrooster te skep. Die rooster word gebruik om die biomassa-indeks en akkumulasie van week tot week in hierdie inspeksiekaartfunksie statisties te bereken en uit te voer.


Wanneer hierdie kaarte in die universele varieerbare voorskriffunksie gebruik word, kan die boer besluit op die aantal sones wat hy wil bestuur en hierdie funksie sal sones outomaties genereer gebaseer op die statistiese verskille tussen verskillende biomassa-areas in die land. Voorskrifte gebaseer op die FHA-gebaseerde inspeksiekaarte kan gebruik word om lande te verdeel vir varieerbare toedieningstye van kunsmis, soos stikstof. Die boer kan voordeel trek om die toediening van stikstof af te wissel wanneer grondtekstuur en beskikbare vog in aanmerking geneem word. Hierdie funksie spaar nie alleenlik baie tyd nie, aangesien sones nou outomaties gegenereer word eerder as met die hand geteken word, maar dit is ook baie meer akkuraat. Dit bied boere die geleentheid om ’n akkurate berekening van hul insette te maak om maksimum opbrengs op belegging te genereer.


Vervolgens het ons die vermoë om varieerbare gewasbeskermingsvoorskrifte as ‘n tenkmengsel te skep, bygevoeg – juis omdat boere voorheen net ’n tenkmengsel kon maak wat uit ’n swamdoder, insekdoder of onkruiddoder bestaan het (gegewe dat boere gewoonlik ten minste twee produkte meng – bv. ’n swamdoder en insekdoder of ’n onkruiddoder en insekdoder). Hierdie funksie vergemaklik die toediening en die navolgingsprosesse wat help om duidelike toedieningsverslae saam te stel. Hierdie verslae is bruikbaar omdat dit verseker dat jy aan al die voorskrifte ten opsigte van residue en sertifisering voldoen. Hierdie verbeterde varieerbare voorskriffunksie bied die geleentheid om tot vier verskillende produktipes in ’n tenkmengsel te voeg (onkruiddoder, insekdoder, swamdoder, plantgroeireguleerder). ’n Maksimum van agt gewasbeskermingsprodukte word toegelaat wat buigsaamheid beid en ook tot nieteenstrydigheid in data bydra.


Hoe kry ek toegang tot hierdie funksie?

  1. Besoek www.climatefieldview.co.za.
  2. Vul jou gebruikersnaam en wagwoord in.
  3. Klik op die knoppie aan die bokant van die rekening genaamd “Prescription”.
  4. Dit sal jou na die varieerbare voorskriffunksie (Scripting-funksie) neem.

Hierdie nuwe funksie is internasionaal geloods en is beskikbaar gestel aan alle FieldView Plus-gebruikers.


Vir meer inligting oor hierdie funksie, kontak gerus vir Hugo le Roux by hugo.leroux@bayer.com of Hanri de Jonge hanri.dejonge@bayer.com