Boervrou van die Jaar Kompetisie 2024

Bayer - Boervrou van die Jaar Kompetisie 2024

Bayer is reeds vir baie jare daartoe verbind om die individue te vereer wat ’n verskil in die landboubedryf maak.


Met die Bayer Boervrou van die Jaar-kompetisie wil ons graag erkenning gee aan die vroue wat die ruggraat van ons boerderygemeenskap vorm: of dit nou ons boere se vrouens is of die vroue wat aan die hoof van ’n boerdery staan.


Die kriteria vir die kompetisie sal gebaseer word op die vrou se algehele betrokkenheid op die plaas sowel as in haar breër gemeenskap.

Wie kan genomineer word?

Vroue wat boer, of die vrouens van boere, kan benoem word. Neem asseblief kennis dat slegs vroue wat boer of die vrouens van boere wat met een of meer Bayer- of DEKALB®-produkte boer, vir hierdie kompetisie genomineer mag word.


Nominasies kan deur die boer/vrou self, of deur enige geaffilieerde van die boer of boervrou ingedien word. Dit sluit die boer, ’n Bayer- of DEKALB®-verteenwoordiger, familielede, vriende en/of gemeenskapslede in.


Inskrywings open op 15 Mei en sluit om middernag op die 15de Julie.



Watter pryse is op die spel?

Twee wenners sal aangewys word. Die wenner in die kategorie Vroueboer van die Jaar, sal wegstap met Bayer/DEKALB®-produkte ter waarde van R15 000 terwyl die wenner in die kategorie vir die Vrou van ’n Boer R10 000 sal wen wat aan ’n liefdadigheidsorganisasie van haar keuse geskenk kan word. Albei wenners ontvang ook ’n R2 000-geskenkbewys van Bayer, ’n R1 500 geskenkbewys van Uppe Marketing en drie geskenkboeke onderteken deur die outeur, Milanie Vosloo.



Wanneer sal die wenners aangekondig word?

Die wenners sal tydens ‘n spesiale geleentheid in September 2024 aangekondig word. Hou hierdie spasie dop! Meer inligting rakende die prysuitdeling sal op ’n latere stadium gekommunikeer word.

Kompetisiereëls

Vergewis jouself asseblief met die kompetisiereëls en die bepalings en voorwaardes voordat jy inskryf.

Stel jy belang?

Is jy of iemand wat jy ken dalk die Bayer Boervrou van die Jaar 2024?